Kursusse

Daar is twee karakters wat leerlinge begelei om studievaardighede te bemeester en studeerfiks te word. Leerlinge kan op ‘n prettige wyse identifiseer met Sarel (Afrikaans) en Sam (Engels). Die program word dus in Afrikaans en/of Engels aangebied.

 

Kursusinhoud

Die studiekursus bestaan uit ‘n kleurvolle werkboek vir  leerlinge  en ‘n skyfiereeks vir die kursusaanbieder.  Die kursus word in oor bietjie meer as vyf (5) ure aangebied en dek die volgende:

  • Leefstylgewoontes en die leerling se omgewing
  • Inrigting van ʼn ruimte vir studie
  • Studieprosesse
  • Tydsbestuur
  • Konsentrasietegnieke
  • Watter soort leerling is jy?
  • Hoe werk die brein en geheue
  • Memoriseringstegnieke
  • Hoe werk breinkaarte?
  • Hoe leer ek syfervakke
  • Hoe studeer ek oor die lang termyn
  • Die maak van opsommings
  • Slaan eksamenstres vir ‘n ses
  • Praktiese plan om sinvol te begin studeer

 

 

 

 

 

 

 

ʼn Belangrike deel van hierdie SARO (SACE) geakkrediteerde kursus is om die onderwysers op te lei om hierdie studievaardighede in die klas te kan toepas. So word die vaardighede ingeskerp en vasgelê. Die opleiding duur ongeveer twee ure.

Om die kursus nog meer doeltreffend te maak is daar ʼn terugvoersessie vir die ouers. ʼn Toegeruste ouer kan die kind net soveel beter ondersteun.