Pryse

In 2018 beloop die koste  R120 per leerling. Dit sluit ʼn pragtige volkleur, uniek geïllustreerde werkboek sowel as die terugvoersessie vir die ouers in. Die opleiding vir die onderwysers is gratis.

 

Die kursus word in Afrikaans of Engels by u skool aangebied. Die meeste skole vind dat veral die graad 4 en 5 of graad 8 en 9 leerlinge daarby baat vind, maar heelwat skole het ook ander jaargroepe of selfs die hele skool die kursus laat deurloop. Die kursus kan in ʼn lokaal wat 100/ 160 leerlinge akkommodeer aangebied word.  Verkieslik moet leerlinge by tafels kan sit (staaltafels is voldoende).

 

Die aanbieding bestaan uit drie dele. Vir die leerlinge duur die kursus van min of meer  07:45 tot 13:15.  Na skool kan belangstellende personeel opleiding ontvang wat ongeveer  1½ uur duur.  Vir die ouers is daar gedurende die aand ʼn sessie van ongeveer 1½ uur.   Skole kan self die tyd van die oueropleidingsessie bepaal.

 

ICO is opgewonde dat hy met behulp van hierdie kursus leerlinge reg oor Suid-Afrika op ʼn bekostigbare wyse die geleentheid kan bied om die lewensvaardigheid te ontwikkel om effektief te studeer.

Aangesien die kursus effektief en bekostigbaar aangebied word, het die studiekursus se gewildheid geweldig toegeneem.